TROPIESE TRIFLE / KOEKSTRUIF
- 4 ryp vars veselperskes (mango’s)
- 4 ryp kiwis
- 1 rolkoek (swiss roll)
- 500 ml melk
- 60 ml vlapoeier
- 40 ml suiker
- 250 ml lemoen en mangosap
- 500 ml room
- 1 blikkie granadilla pulp
Meng vlapoeier met 50 ml melk. Kook die res van die melk in die mikrogolf.
Voeg vlamengsel by die melk en kook vir 5 minute in mikrogolf.
Roer elke minuut. Hou eenkant om af te koel.
Sny die rolkoek in ringe en pak die helfte daarvan in een laag in ‘n glasbak, giet helfte van die sap oor.
Skep die helfte van die vla oor die koekskywe.
Sny die veselperskes in skywe en pak 2 se skywe oor die vla.
Sny 2 kiwis en pak ‘n enkellaag teen die bak se kant rondom.
Herhaal presies dieselfde vir ‘n 2de laag. Verkoel en versier met styfgeklopte room en granadilla pulp.
Vanjaar is die 2de jaar wat ons ander as tradisionele koekstruif probeer maak, die tradisie sal voortbou!
Geseënde Kersfees!
Foto en resep: Leandri Potgieter