TROPIESE KOEKSTRUIF
- 1 rolkoek
- 50 ml Sjerrie of Port
- 820 g blik vrugtekelkie, gedreineer (fruit cocktail)
- 1 liter mango-en-perske jogurt
- 250 ml room, styf geklits
- glansvrugte vir versiering, opsioneel
Sny die rolkoek in ringe en pak die helfte onder in ‘n groot diep bak.
Besprinkel met die helfte van die sjerrie en strooi die helfte van die vrugtekelkie oor.
Skep die helfte van die jogurt oor en smeer ook die helfte van die room oor die jogurt.
Herhaal die lae, rolkoek, sjerrie, vrugtekelkie en skep die res van die jogurt oor.
Versier met die res van die room en glansvrugte (opsioneel).
Plaas in yskas tot voor bediening.
Resep en foto: Amanda Austin