TROOSKOS SHEBASOUS
“Trooskos… vandat ek kan onthou, is dit ons Vrydagaandete… mieliepap, “shebasous”, lekker gebraaide wors en knoffelsousbone. Hierdie sous vries baie goed en kan met sukses vermenigvuldig word.”
- Shebasous:
- 2 uie, in ringe gesny
- ½ pannetjie sampioene, in skyfies gesny
- 1 lekker groot murg van groente (marrow), in blokkies gesny
- ½ groenrissie, in blokkies gesny
- 10 kersietamaties, in kwarte gesny
- 5 ml knoffel
- 125 ml kookwater
- olie, om in te braai
- Knoffelsousbone:
- 1 klein ui, fyn gerasper
- 2½ ml knoffel
- olie, om in te braai
- sout en swartpeper, na smaak
- 1 blik sousbone, in tamatiesous
Shebasous:
Braai uie en geurmiddels in bietjie kookolie tot deurskynend. Voeg al die ander groente saam met kookwater by en kook tot groente sag, maar nie pap, is nie.
Bedien soos verkies.
Knoffel sousbone:
Rasper uitjie baie fyn, voeg knoffel en olie by saam met sout en swartpeper. Laat dit so bietjie braai op die stoof. Voeg die sousbone in tamatiesous by en verhit.
Bedien soos verkies.
Resep en foto: Wilma Josey Venter












