TRADISIONELE SKOTSE BROSBROOD
- 500 g botter, kamertemperatuur
- 200 ml strooisuiker
- 560 g (4 koppies) koekmeel
- 60 ml (¼ koppie) mielieblom (Maizena)
- 3 ml sout
- gewone witsuiker om bo-oor te strooi
Voorverhit oond tot 150ºC. Room die botter en strooisuiker saam. Sif die meel, mielieblom en sout saam en meng dit in by die bottermengsel. Dit is nie nodig om die oondpan te smeer nie.
Druk die deeg in die pan en indien verkies kan jy ‘n mooi randjie rondom vorm.
Onthou om vingers af te merk, en die deeg te prik.
Bak ongeveer 1 uur.
Laat ekstra 10 tot 15 minute baktyd toe, indien nodig.
Sny versigtig in vingers en plaas op ‘n draadrakkie om af te koel.
Strooi suiker oor terwyl dit nog warm is.
Resep geplaas deur Amanda Struwig
Foto: Amanda Struwig
Nota deur Lacy Grey:
Ek het vandag die resep gemaak en in plaas van een pan te gebruik het ek my koekie masjientjie gebruik. Ek het die koekies gebak op 180 ºC vir 7 minute, toe die pan gedraai en vir nog 3 minute verder gebak. Dankie vir die deel van die resep.