TOSCA SE GEMMERKOEKIES
- 1 ½ kg bruismeel
- 1 kg suiker
- 500 g botter
- 3 dessertlepels gemmer (37.5 ml)
- 4 eiers
- 500 g goue stroop
- 1 eetlepel koeksoda (bicarbonate of soda), gemeng met ‘n bietjie asyn
- 1 eetlepel kremetart
Dit is ‘n stywerige deeg wat jy in bolletjies rol – my Ma het altyd haar bolletjies afgemeet met ‘n dessertlepel.
Pak die bolletjies op ‘n gesmeerde bakplaat en bak teen 180° C vir 15 minute.
Jy kry so min of meer 200 koekies.
Nota:
Die raad wat ek het as sy my resep probeer, is om die deeg, nadat dit aangemaak is, af te meet – so rondvol teelepel per koekie en dit dan in ‘n balletjie te rol en net so rond op die pan te sit. Moenie dit platdruk nie. Die bolletjies rys eers amper so groot soos golfballe en is liggeel en dan is dit asof hulle platsak en die barsies maak. Ek hoop regtig julle kry dit reg.
Lucinde Von Wiellingh
Hulle kom perfek en proe heerlik. Dis net moeilik om ‘n baksel op te bou, soos hulle uit die oond kom word hulle geëet. Dankie vir deel Tosca