Your Recipe Blog

TOM YAM GOO – KERRIE THAI SOP

TOM YAM GOO – KERRIE THAI SOP

  • 4 koppies hoenderaftreksel
  • 2 stokkke suurlemoengras, gekneus
  • 6 kaffirlime blare (As jy nie kan kry nie, sny suurlemoenblare in dun repies)
  • 4 eetlepels lemmetjiesap
  • 2 rooi rissies, gekap (jy kan meer insit as jy van brand hou)
  • 500 g rou garnale doppe af en dermpie verwyder
  • 100 g knopie sampioene
  • 2 eetlepels vissous
  • 1 eetlepel suiker
  • 1 groot tamatie, in stukkies gesny
  • vars koljanderblare
  • 1 blik klappermelk
  • 1 klein rooi soetrissie in stukkies gekap
  • 3 huisies knoffel
  • stukkie vars gemmer
  • sprietuie

Sit aftreksel in die pot. Voeg suurlemoengras, rissie, knoffel, gemmer en blare by en prut tot geurig so 5 min. Haal van stoof af en syg deur sif. Voeg aftreksel terug in pot. Voeg sampioene, soetrissie en tamatie by. Prut vir nog so vyf min. Voeg garnale by en kook tot gaar en uitgepof. Voeg klappermelk, suiker en vissous by en prut tot goed deurwarm.
Proe nou en pas smaak aan deur meer lemmetjiesap, suiker of vissous by te voeg.
Bedien met koljanderblare en gekapte sprietuie.

Nota:
Ek hou so een of twee garnale heel vir bo-op.

Resep gepos deur Martie Fourie Moolman
Foto: Martie Fourie Moolman

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page