Your Recipe Blog

TOETS OF KITSGIS NOG VARS GENOEG IS OM TE GEBRUIK

TOETS OF KITSGIS NOG VARS GENOEG IS OM TE GEBRUIK

Is kitsgis wat in yskas gehou is nog steeds aktief? Mamma het vir my houer kitsgis gegee omdat sy nie meer grootmaat bak nie. Ek veronderstel ek kan dit net toets met louwater en suiker?

Plaas ongeveer 50 ml lou water, 2 teelepels kitsgis en 2 teelepels suiker in ‘n beker.
Roer, plaas net op die kas en wag, dit begin binne 3 minute reaksie toon (foto 1) en na 10 min was die koppie vol skuim soos op foto 2.

Vraag en foto’s: Elsabie Templeton

Gillian Kruger Vermeulen:
As die houer mooi lugdig toe is, sal dit nog reg wees, maar die beste is seker maar om te toets sodat jou hele baksel nie verlore gaan as die gis nie meer aktief is nie. On-oopgemaakte gis kan ook in die vrieskas gestoor word. Lekker bak!

Hannes Smith:
Ek stoor my kitsgis in die yskas, dit hou lank daarin, maar ek toets dit altyd met ‘n bietjie asyn. Beter nog, meng jou hoeveelheid kitsgis met ‘n ½ koppie louwarm water en laat staan vir 5-10 minute dan sal jy dadelik sien of dit nog aktief is, voeg by die meel, dit rys gewoonlik vinniger, alhoewel ek ‘n voorstander van stadige rys is.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page