TJOU TJOU SLAAI
- 6 piesangs
- 1 blik vrugtekelkie (fruit cocktail) (410 g), gedreineer
- 1 blik kondensmelk (397 g)
- 1 bottel Koo Picalilly (390 g of 400 g)
- knippie sout
Sit jou piesangs met skille aan in ‘n bak.
Giet kookwater bo-oor en laat lê so vir ‘n minuut of 2. Die skille van die piesangs word swart.
Haal uit kookwater, laat afkoel, skil jou piesangs en sny in skyfies.
Plaas die piesangskyfies, vrugte kelkie, kondensmelk, sout en picalilly in ‘n bak en meng goed deur.
Bedien koud.
Nota:
Moenie skrik vir die bestanddele nie, die slaai sal eerste klaar wees, dis baie lekker!
Foto deur Benhet Niewenhuis
Sonja Young: Piccalilli is green pepers, uie ens wat in kerriesous ingelê word – heerlik.
Benhet: Bedien koud! Baie lekker en die volgende dag was dit nog lekkerder!! Piesangs het glad nie verkleur nie.