Your Recipe Blog

TJOPKASSEROL MET MACARONI

TJOPKASSEROL MET MACARONI

“Vroulief het vir aandete hierdie heerlike tjopkasserol gedoen hmmm, djeerlik is maar net lekker!”

  • 6 skaapboudtjops
  • sout en peper na smaak
  • bietjie koekmeel
  • 250 ml water
  • 75 ml tamatiesous
  • 25 ml Worcestershiresous
  • 25 ml asyn
  • 5 ml suiker
  • 150 g (250 ml) gesnyde macaroni
  • 1 ui, gemaal
  • bietjie gerasperde Cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer ’n groot oondkasserol met deksel.
Geur die tjops met sout en peper en rol dit in die koekmeel totdat dit heeltemal bedek is.
Plaas die tjops langs mekaar in die kasserol.
Meng die water, tamatiesous, Worcestershiresous en asyn saam.
Sprinkel die mengsel oor die tjops en strooi die suiker bo-oor.
Plaas die deksel op en bak die tjops vir 60 tot 90 minute.
Kook die macaroni en ui saam in soutwater totdat die macaroni sag is. Dreineer die pasta en hou dit warm.
Skep macaroni op die gaar tjops en strooi kaas oor.
Plaas die kasserol terug in die oond en bak dit sonder die deksel totdat die macaroni begin verbruin.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page