Your Recipe Blog

TIPSY TERT MET ‘N ROOM KARAMEL BO-LAAG

Avatar photo
Recipe by
Cook: 60 minutes | Servings: 24 - 30 blokkies

TIPSY TERT MET ‘N ROOM KARAMEL BO-LAAG

Ek het dit verdubbel, omdat ek dit in ‘n groot pan vir die kerk se oggend tee gebak het. So ek sit die grootmaat resep op.

  • 500 g dadels, gesnipper
  • 2 koppies kookwater (1 koppie per 250 g dadels)
  • 10 ml koeksoda
  • 250 g botter
  • 4 groot eiers
  • 1 ½ koppies suiker
  • 3 koppies bruismeel
  • 5 ml sout
  • 100 g pekanneute, fyn gekap
  • Stroop:
  • 1 ½ koppies wit suiker
  • 1 ½ koppies water
  • 30 ml botter
  • 1 teelepel kaneel
  • 1 koppie brandewyn
  • 2 teelepels vanilla geursel
  • Bo-laag:
  • 600 ml dik room
  • ¼ koppie gekoopte karamel sous (die wat jy oor die roomys gooi)
  • 1 eetlepel versiersuiker
  • 2 teelepels gelatien, opgelos in kookwater laat afkoel
  • verglansde kersies en ekstra karamel sous vir versiering

Meng die dadels met die kookwater en sprinkel die koeksoda bo oor.
Laat staan om koud te word en maak dan fyn met ‘n aartappel drukker  (masher).
Room die botter en suiker saam en klits dan die eiers een een by. Klits goed na elke toevoeging.
Sif die droë bestanddele saam en meng met die droë bestanddele. Voeg die dadels en neute by en meng goed.
Skep die beslag in ‘n groot reghoekige koekpan en bak vir 1 uur by 180°C of tot ‘n toetspen skoon uitkom.

Maak intussen die sous:
Kook die water, suiker en botter vir 5 minute saam. Voeg die brandewyn en geursel by en bring weer tot kookpunt.
Giet die warm stroop oor die warm koek sodra dit uit die oond kom. Laat goed afkoel.
Op die stadium kan die koek tot ‘n week in die yskas gebere word.

Maak die bo-laag:
Klits die room tot styf. Vou die karamelsous by.
Sif die versiersuiker bo-oor en meng goed deur. Vou nou die afgekoelde gelatien by en meng goed.
Skep oor die koek en maak gelyk met ‘n palet of ‘n mes.
Bedruip met  die karamel sous in patroontjies en versier met die kersies.
Laat ‘n paar uur in yskas om te stol.

Resep en foto: Hettie Bezuidenhout

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page