TINKIE KOEKSTRUIF
Resep geplaas deur Liezl Louw
Foto: Gideon Louw
- 12 tinkies
- 2 x 100 g donker sjokolade, gesmelt
- 500 ml room
- 2 pakkies whispers
- sjokolade bedekte springmielies
- 1 pakkie vars kersies
- 60 ml versiersuiker
- 1 teelepel vanilla geursel
- 1 houertjie “gold dust”
- Klits die room styf en klits die versiersuiker en geursel by.
- Deel die room in twee en roer die gesmelte sjokolade by een helfte.
- Pak ‘n lagie tinkers in ‘n koekstruif bak, gevolg deur ‘n laag sjokolade balletjies en kersies.
- Voeg dan ‘n lagie sjokolade room by gevolg deur ‘n lagie wit room.
- Herhaal die proses en heel bo-op kom die springmielies en ook van die sjokolade balle.
- Bestuif met ‘n bietjie gold dust bo-oor alles.
Heerlik… geniet dit!!!
Category:












