Your Recipe Blog

TINKIE KOEKSTRUIF

TINKIE KOEKSTRUIF

  • 12 tinkies
  • 2 x 100 g donker sjokolade, gesmelt
  • 500 ml room
  • 2 pakkies whispers
  • sjokolade bedekte springmielies
  • 1 pakkie vars kersies
  • 60 ml versiersuiker
  • 1 teelepel vanillageursel
  • 1 houertjie “gold dust”

Klits die room styf en klits die versiersuiker en geursel by.
Deel die room in twee en roer die gesmelte sjokolade by een helfte.
Pak ‘n lagie tinkers in ‘n koekstruif bak, gevolg deur ‘n laag sjokolade balletjies en kersies.
Voeg dan ‘n lagie sjokolade room by gevolg deur ‘n lagie wit room.
Herhaal die proses en heel bo-op kom die springmielies en ook van die sjokolade balle.
Bestuif met ‘n bietjie gold dust bo-oor alles.
Heerlik… geniet dit!!!

Resep geplaas deur Liezl Louw
Foto:  Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5