TIGER BROOD
Ek bak gereeld die Tiger broodjie en glo my dis heerlik.
- 7 g droë gis
- 1 teelepel suiker
- 525 ml warm water (40 – 45 grade)
- 2 teelepels sout
- 750 g koekmeel
Meng in ‘n glasbak die gis, suiker en 60 ml warm water. Laat staan vir 10 minute.
Voeg die sout en res van die water met gismengsel by. Voeg al die meel by en knie vir 10 minute tot ‘n sagte elastiese deeg. Plaas deeg in ‘n goed gesmeerde bak en maak toe met kleefplastiek. Laat rys vir een uur. Maak die volgende paste.
- Tiger paste:
- 1.5 teelepels aktiewe gis
- 2 teelepels suiker
- 1.5 teelepels olie, vegetable of sesame
- 60 g rysmeel
- 60 ml warm water
Meng die gis met 1 teelepel suiker en warm water (gismengesel). Wag 15 minute tot skuimerig. Voeg dan die olie by die gis en meng goed. In ‘n ander bak, plaas die rys meel en 1 teelepel suiker, dan stadig terwyl meng, voeg die gismengsel by tot dit ‘n stywerige pasta vorm. Dit moet nie dadelik van die lepel afdrip nie.
Wanneer deeg klaar gerys het na ‘n uur, knie weer af en vorm ‘n rol, plaas in voorbereide bakpan. Smeer al die pasta oor die deeg en laat weer rys vir 1 uur.
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Bak 35 tot 40 minute tot gaar en mooi kleur.
Resep en Foto: Rika Hippert