TIEN MINUTE MIKROGOLF MIELIEBROOD
Die geheim is om ‘n ringpan te gebruik, dit kom rou uit in die middel in ‘n gewone pan.
- 2 koppies koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- ½ teelepel sout
- 2 eetlepels olie
- 2 eetlepels suiker
- 2 eiers
- 1 blikkie roommielies
- paprika om te sprinkel
Meng alles saam, as beslag baie styf is, voeg bietjie melk by.
Spuit ring pan met “spray and cook” en sprinkel paprika binne in en teen die kante.
Skep beslag in die ringpan, plaas op omgekeerde piering in mikrogolf en bak vir 10 min teen 100% krag.
Laat staan ‘n rukkie en keer uit.
Nota:
Heerlik saam met ontbyt of braaivleis (soet of sout).
Foto en resep: Ina Stevens