THERESA SE WENNER SKONS
Hier is my resep. Ongeveer 6 – 8 skons, hang af van die grote.
- ⅓ koppie sonneblomolie
- 1 eier
- volroom melk
- 2 koppies bruismeel
- 1 teelepel sout
- 1 teelepel bakpoeier
Neem ‘n koppie en giet die olie daarin, breek die eier by en maak vol met melk.
Klits goed.
Sit die bruismeel in ‘n mengbak en voeg die eiermengsel, sout en bakpoeier by.
Meng goed deur, laat staan 5 min.
Rol so 2.5 cm dik uit en druk af of sny driehoeke.
Pak op gesmeerde bakplaat.
Bak by 190 ºC vir 15 min tot gaar en ligbruin.
Resep: Theresa de Vries
Foto’s: Rina Kleinhans
Nota:
Ek het vanaand Theresa de Vries se skons resep gemaak, dit is uit die boeke lekker en ek sal dit weer maak, baie beslis. Ek het 50 ml semels bygesit, en aan die einde bietjie mayonnaise opgeverf en terug gesit vir bietjie kleur. Ek bak in my gasoond.
Ek sal volgende keer so 10 ml asyn bysit, want hy het so effense bakpoeier effek op jou tande, (behou die bakpoeier ook) maar beslis sal ek dit weer bak. Ek het 8 van 5 cm deursnee gekry uit die deeg.
Baie baie dankie Theresa dat jy jou resepte met ons deel.
So los jy die bakpoeier heeltemal uit, en vervang met asyn?
Hallo
Nee jy gebruik altwee, die asyn is net om die bakpoeier smaak te neutraliseer.