TANNIE SANNIE SE VLAKOEK
Resep: Tannie Sannie Viljoen
Foto’s: Martha Coetzee
Vlakoek gebak (Gebak met wit bak botter dus het die versiersel nie geel uitgekom). Ek het ook ‘n heel vanillapeul oopgesny en saam die saadjies en kaneelstok in melk gekook vir vla. Dankie vir die great resep!
- 1 koppie koekmeel
- 2 gelykvol eetlepels Maizena
- 1 teelepel bakpoeier
- 4 eiers, geskei
- 6 eetlepels koue water
- 1 koppie suiker
- Klits eiergele, koue water en suiker tot donsig en lig van kleur.
- Sif droë bestandele saam, voeg dit by eiermengsel.
- Klits eierwitte tot styf en vou in by meel mengsel, moenie roer nie, vou in met ‘n metaal lepel.
- Skep deeg in 4 koek panne: (ek bak myne in 4 vlak panne, maar jy kan dit in dieper panne bak en in helfte sny wanneer koud).
- Bak by 180°C vir 15 min, ek draai my koeke om in oond van boonste rak na onderste rak sodat hulle egalig bak.
- Bak dan verder weer vir 15 min as dit in hoe panne gebak word.
- In vlak panne bak ek koeke net vir 25 min. Toets maar voor jy uithaal.
- Vulsel:
- ½ liter melk
- ½ koppie botter (250 g)
- 1 koppie versiersuiker
- 3 eetlepels Maizena
- 1 eetlepel vlapoeier
- 1 teelepel vanilla
- Meng Maizena en vlapoeier met bietjie melk tot pasta.
- Plaas die res van melk in kastrol en bring tot amper kookpunt, met houtlepel.
- Roer vla en maizena-mengsel by melk.
- Roer aanhoudend tot vla kook (as jy nie aanhoudend roer nie, gaan jy klonte kry.
- Plaas eenkant, vla moet afkoel tot bloed hitte (louwarm).
- Klits die botter (kamertemperatuur) met die versiersuiker tot fluffy en voeg by vlamengsel.
- Versier tussen lae en krummel koekies bo-oor.
- Nota: Martha Coetzee
- Ek het dit vandag probeer as iets lekkers vir Moedersdag. Ek’t 24 cupcakes uitgekry. Gebak op 180°C vir 12 minute.
Category:













