Your Recipe Blog

TANNIE POPPIE SE PAMPOENTERT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 90 minute | Servings: 6 - 8

TANNIE POPPIE SE PAMPOEN TERT

Maryke Jonck – Vanaand het ek Tannie Poppie se Pampoentert gemaak as ‘n bykos. Julle… dit is heeeeerlik verby. Ek gaan DIE resep soos goud bewaar!

  • 1 koppie (250 ml/200 g) suiker
  • 5 teelepels (25 ml) koekmeel
  • 1 teelepel (5 ml) sout
  • 2 ml fyn kaneel
  • 3½ eetlepels (55 ml/60 g)ongesoute botter, gesmelt
  • 3 koppies (750 ml) fyngemaakte gaar pampoen
  • 1 koppie (250 ml) room
  • 3 eiers

Verhit oond tot 150 °C. Sif droë bestanddele saam in ’n mengbak. Voeg res van bestanddele by en meng goed. Skep in gesmeerde tertbak van so 30 x 25 cm en sit saam met hoender in oond. Die tert bak so 1½ uur.

Kommentaar:  Petré Van Jaarsveld
Ek het die suiker tot ‘n ¾ koppie verminder.
Wat ek ook gedoen het was o, 1 ui op te kap, bietjie komyn, gemmer, fyn kaneel, borrie en kerrie by te voeg. Dit het ek onder in die vuurvaste bak geskep, gelyk gemaak en die pampoenbeslag bo oor gegooi, het dit as ‘n bykos gebruik.

Hoof foto kommentaar – Elize de Kock:
Ek het die resep se bestanddele aangepas na 2 koppies pampoen en het net ‘n half koppie bruinsuiker gebruik, so uur gebak op 160 º C.
Klein bietjie kaneelsuiker oor gesprinkel. Dit is regtig lekker en nie te soet nie

Foto: Elize de Kock
2de foto:Maryke Jonck
Resep: Tannie Poppie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page