Your Recipe Blog

TANNIE AT SE ROERDEEG

TANNIE AT SE ROERDEEG

  • 7 koppies meel
  • 1 eetlepel sout
  • 1 eetlepel suiker
  • 1 pakkie gis
  • 4 koppies louwarm water
  • 1 eetlepel margarien
  • leë blikkies tuna om mengsel in te skep vir bak
Meng meel, sout, suiker, gis saam. Meng apart water en margarien tot margarien gesmelt is. Roer dit dan in die meel mengsel in.
Ons het 7 tuna blikkies in my “convection oven” ingepas.
Jy kan elke blikkie met Spray en Cook spuit en opvul tot by die rand. Ek het dit vir 30 minute by 180°C gebak. Toe uitgehaal, omgedop in die tuna blikkies en weer vir tien minute gebak.
Ook ‘n broodjie gebak met die res van die deeg, 40 minute by 180°C en toe omgedop gebak vir nog tien minute.
Resep en fotos: Riana Dippenaar

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page