TAMATIESOUSHOENDER
My een gunsteling dis, is tamatiesous hoender (die resep is uitgedink maar is ‘n ware wenner)… gemaak as volg.
- 2 kg hoenderstukke
- 2 koppies tamatiesous
- 1 koppie mayonnaise
- ½ koppie Mrs Balls blatjang
- ¼ koppie asyn
- 2 uie, grof gekap
- 3 knoffeltoontjies, opgekap
- 4 tamaties, vel verwyder en opgekap
- 8 aartappels, geskil en in ½ gesny
- 4 wortels, geskil en in 2 cm stukke gesny
- 7.5 ml sout
- vars gemaalde swart peper
- 50 ml kookolie of botter
Braai uie, knoffel en hoender saam, meng tamatiesous, mayonnaise, blatjang, asyn en sout.
Wanneer hoender lekker gepanbraai het, giet die sous oor en sit die deksel op.
Wanneer hoender byna gaar is, voeg die groente by asook vars gemaalde swart peper na smaak.
Kook tot al die groente gaar is.
Nota:
Jy kan ook sampioene bysit op die einde.
Bedien saam rys.
Resep: Francois Van Der Schyff
Foto: Corlea Smit