Your Recipe Blog

TAMATIESLAAI

TAMATIESLAAI

Heerlike slaai wat lekker smaak saam enige hoofgereg.

  • klein stukkie ui
  • 2 tamaties
  • 1 komkommer
  • 1 selderystok
  • gerasperde wortel, opsioneel
  • Sous:
  • 4 teelepels suiker
  • ¼ koppie asyn
  • sout en peper na smaak

Sny ui, tamatie, komkommer en seldery fyn en meng goed, sprinkel die sous oor.
Vir die sous, meng alles goed saam tot suiker opgelos het.
Proe daaraan en verander na smaak dat dit soet suur is.

Nota:
Volgende dag smaak dit eers heerlik, want die sous trek lekker in die slaai. Die seldery gee ook ‘n lekker vars smaak. Gebruik min uie anders oorheers dit die smaak van die slaai en proe die slaai net na ui.

Resep en foto: Elna van der Nest

Wenk:
Steven Venter Snr:
Maak die asyn eers warm en los die suiker dan daarin op en laat afkoel. Werk baie goed.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page