TAMATIEKERRIE-HOENDER MET KLAPPERRYS OONDGEBAK
- 8 hoenderstukke (het dye gebruik)
- paar eetlepels olie
- uie na smaak, in stukkies gesny
- 2 rissies, fyngekap
- 2 vars tamaties, opgekap
- 1 pakkie tamatiepasta
- 1 opgehoopte eetlepel kerriepoeier (mild en spicy)
- 1 eetlepel fyn gemmer
- 2 teelepels suiker, opsioneel
- 2 koppies melk met 3 eetlepels klapper daarin geweek
- 2 koppies kookwater met elk ‘n blokkie hoenderekstrak opgelos
- 2 koppies rou rys
Week klapper in melk vir ‘n halfuur.
Verhit olie in ‘n pan en braai die hoenderstukke tot goudbruin aan albei kante.
Plaas hoender in oondbak en voeg 1 koppie hoenderekstrak by.
Plaas deksel op bak of bedek met foelie.
Bak vir ‘n ½ uur in voorverhitte oond by 180°C vir 35 minute.
Maak intussen die sous:
Braai uie, rissies, gekapte tamatie, tamatiepasta, suiker en kruie in pan waar hoender in gebraai is.
Voeg die oorblywende koppie hoenderekstrak by en prut tot dit begin verdik.
Haal hoenderstukke uit oondbak en voeg by sous. Roer deur.
Voeg die klappermelk by die hoenderekstrak wat in oondbak is nadat hoender uitgeskep is en roer goed.
Voeg rys by en meng deur.
Plaas hoender op rys en skep die res van die sous op die hoender.
Plaas terug in oond sonder deksel en bak tot rys gaar is. Dit neem so 20 tot 30 minute.
Njamm!
Resep en foto: Stef Conradie