TAMATIEBREDIE MET ‘N TWIST
Tamatie bredie met ‘n twist – ek het grootmaat ribs gekoop, toe ek dit oopmaak was dit net stukke en hompe, min riblets, nou wat nou, tamatiebredie is die antwoord.
- 2 kg vark ribs, opgesny en al die marinade afgewas
- 1 kg baba aartappels, geskil en vir 10 min in mikro gekook
- 1 blikkie tamatiepuree
- 5 tamaties, afgeskil en opgesny
- 2 groot uie, gesny
- 2 teelepels kerriepoeier
- 4 eetlepels tamatiekonfyt
- sout en peper na smaak
- 1 eetlepel BBQ speserye
- ± 1 handvol vars gekapte oreganum
- 4 ruim eetlepels tamatiekonfyt of appelkooskonfyt, (ek het tamatie gebruik)
- 3 hoenderblokkies, aangemaak met kookwater
Braai uie tot bruin en deurskynend,voeg klein bietjie water by en braai verder
Voeg die vleis by en braai tot mooi bruin.
Voeg dan 2 koppies van die hoender “stock” by en kook op stadige hitte tot amper sag.
Sit aartappetjies wat ook sag is, maar nie pap is nie by die vleis.
In ‘n bakkie, voeg laaste koppie “stock”, opgesnyde tamaties, tamatiepuree, konfyt, speserye, sout en peper bymekaar en meng in by die vleis en aartappels.
Kook vir ± nog 40 min tot sous lekker dik is en tamaties amper weggekook het.
Voeg laastens jou gekapte oreganum by.
Nota:
Ribbetjies is effens sag want jy koop dit pre-cooked.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk