TAMATIE WIELE
Ons het ‘n paar tamaties gehad wat ‘n bietjie aan die afkant (oor-ryp) was en ek besluit toe om ietsie daarvan te maak voor dit heeltemal sleg is.
- 3 tamaties
- 2 teelepels sout
- 1 teelepel brandrissie vlokkies
- 2 eetlepels suiker
- 2 eetlepels koekmeel
- 2 eiers
Sny die drie tamaties op in wiele en verwyder die pitte deel in die binnekant.
Hou die ringe eenkant.
Kerf die binneste pitte dele fyn en meng dit saam met die oorblywende bestanddele.
Meng alles saam.
Plaas die die ring gedeeltes van die tamaties in ‘n pannetjie en voeg’n klein bietjie olie by.
Skep die ander mengsel in die tamatieringe met ‘n eetlepel en bak vir ‘n paar minute aan elke kant.
Skep die ander mengsel in die tamatieringe met ‘n eetlepel en bak vir ‘n paar minute aan elke kant.
Draai dit later om en bak aan beide kante tot mooi warm en die eier gaar en dit ook effe verbruin is.
Ons het dit saam met gekruide varktjops wat gebraai is geëet en dit was djeeeeerrlik.
Daar het ‘n klompie van die sousmengsel oorgebly waarvan ek toe sommer ‘n omelet gemaak het en dit was net so djeeeeerlik.
Resep en foto: Gideon Louw