TAAI HOENDER VLERKIES EN NEKKIES
- 125 ml sojasous
- 45 ml heuning
- 2 knoffelhuisies, gekneus
- 60 ml soet brandrissiesous
- 80 ml suurlemoensap
- 30 ml gekapte vars koljander
- 12 – 16 hoendervlerkies of nekkies
Meng alles behalwe die hoender in ‘n groot pan of ‘n plat kastrol.
Plaas die hoendervlerkies / nekkies in die mengsel en verhit oor matige hitte tot die mengsel begin kook.
Verlaag die hitte en laat prut sowat 20 minute tot die hoender gaar en gekarameliseer is.
Draai die vlerkies een of meer keer tydens die gaarmaakproses om, sodat dit egalig karameliseer.
Garneer met gekapte pietersielie en sit dit voor met gebraaide aartappelwiggies.
Adam Cloete se:
Arm mans garnale:
Ek het die hoendernekkies met die taai sousie gaargemaak en toe met sous en al in die oond geplaas vir ‘n ruk om bietjie te braai.
Resep geplaas deur Henriette Wessels
Foto: Adam Cloete