Your Recipe Blog

TAAI DADEL-EN KERSIEPOEDING

Prep: 25 minute | Cook: 40 minute | Servings: 4 - 6 mense

TAAI DADEL-EN KERSIEPOEDING

Resep getoets deur Louisa Hollenbach
Foto: Louisa Hollenbach

  • Beslag:
  • 60 ml (60 g) botter
  • 200 ml (160 g) suiker
  • 200 g ontpitte dadels, gekap
  • 125 ml (40 g) droë klapper
  • 50 g rooi glanskersies
  • 375 ml kookwater
  • 5 ml koeksoda
  • 2 ekstragroot eiers
  • 5 ml vanilla geursel
  • 375 ml (210 g) koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 125 ml (50 g) gekapte pekanneute
  • Stroop:
  • 250 ml (200 g) suiker
  • 60 ml (60 g) botter
  • 125 ml water
  • 5 ml vanilla geursel
  • 100 ml brandewyn
  • Plaas die botter, suiker, dadels, klapper en kersies in ‘n bak en voeg 375 ml kookwater by.
  • Voeg die koeksoda by, roer liggies en laat afkoel. Klop die eiers en die vanilla geursel goed en voeg dit by die dadelmengsel.
  • Sif die meel, bakpoeier en ‘n knypie sout in ‘n aparte bak en voeg dit dan saam met die pekanneute by die dadelmengsel. Meng goed.
  • Giet die mengsel in ‘n gesmeerde bakskottel van 23 x 40 cm en bak dit vir 30 minute in ‘n voorverhitte oond van 180ºC.
  • Stroop:
  • Kook die suiker en die botter vir sowat 15 minute in 125 ml water tot dit stroperig is en voeg dan die vanilla geursel en brandewyn by.
  • Haal die poeding uit die oond uit wanneer gaar en skep die stroop oor terwyl dit nog warm is.
  • Sit dit voor met vla.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page