SWISS MERINGUE VERSIERSEL
- 175 ml gepasteuriseerde eierwitte
- 680 g versiersuiker
- 2.5 ml sout
- 680 g ongesoute botter in 2 cm blokkies gesny*
- 30 ml vanilla geursel
Plaas die eierwitte, versiersuiker en sout in ‘n groot mengbak**.
Klits vir 5 minute totdat dit glad is en al die suiker opgelos is. Skraap die kante van die bak elke paar minute skoon.
Begin nou die blokkies botter byvoeg terwyl jy klits. So een blokkie elke 5 sekondes.
Wanneer al die botter bygevoeg is, voeg die vanilla by. Dit lyk klonterig en lelik op hierdie stadium, maar moenie opgee nie!
Klits vir nog 10 minute totdat die versiersel glad en romerig is.
Nota:
Jy kan dadelik die versiersel gebruik, of plaas dit in ‘n lugdigte houer in die yskas vir 2 weke.
Jy kan dit ook in die vrieskas bere vir 2 maande.
Laat die versiersel terugkom na kamer temperatuur, en klits dit weer vir so paar minute om dit mooi glad en romerig te kry.
* Notas:
*Die botter moet bietjie kouer as kamertemperatuur wees – haal dit uit die yskas so 15 minute voor jy begin met die resep. As jy net gesoute botter het, los die 2.5 ml sout uit.
**Ek het ‘n groot KitchenAid staan menger – ek weet nie of ‘n klein handmenger sal werk vir hierdie resep nie.
Ek gebruik gel kleursel om die mooi helder kleure te kry.
Resep en foto: Debbie Edwards