Your Recipe Blog

SWARTWOUDPOEDING-TERT

SWARTWOUDPOEDING-TERT

  • 1½ sjokolade rolkoek of sjokolade sponskoek
  • 2 houers gladde maaskaas
  • 2 blikke kondensmelk
  • 125 ml suurlemoensap
  • 1 blik swartkersies (black cherries), ontpit
  • kersielikeur

Sny koek in lagies en pak een lagie in bak.
Sprinkel met die likeur.
Meng die suurlemoensap met kondensmelk en voeg die maaskaas by en meng lekker deur.
Skep helfte van die mengsel op die lagie koek, dreineer ( behou die stroop) en sny die kersies in die helfte, pak die helfte van die gesnyde kersies bo op die vulsel.
Pak weer ‘n lagie gesnyde koek, sprinkle met likeur, skep die res van die kondensmelk mengsel bo-op.
Pak die res van die kersies bo-op en strooi flake bo-oor.
Neem die stroop van die kersies en bring tot kookpunt en maak dikker met bietjie Maizena wat met bietjie water aangemaak is.
Drup die stroop tussen deur die kersies bo-op die tert.
Plaas in die yskas om goed te stol.

Resep en foto: Joyce Geers-Minnaar

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page