SWARTMOSSELS OP DIE KOLE
- 20 skoongemaakte swartmossels, een dop verwyder
- 1 rooi brandrissie, fyngekap met pitte en al
- 100 g gekapte dunnerige gebraaide kaaswors
- sap van een suurlemoen
- 3 huisies vars fyngekapte knoffel
- ½ koppie olyfolie
- ½ koppie tamatiesous (selfgemaak)
- 1 eetlepel gelykvol paprika
- ½ koppie gekapte pietersielie
Meng al die bestanddele behalwe die mossels, wors en pietersielie.
Pak mossels met skulpkant onder in plat bak.
Giet ‘n bietjie van die gemengde sous in elke skulp en giet res bo-oor en laat staan vir ‘n halfuur.
Braai mossels op matige kole vir 8 – 10 min en giet die ekstra sous bietjie vir bietjie oor die mossels terwyl dit braai.
Sprinkel gebraaide worsie stukkies oor mossels asook die pietersielie.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw