SWARTMOSSELS MET KNOFFEL
Ek en liezl het hierdie swartmossel met klein broodtjies gemaak ipv geroosterde brood.
Die brooidjies het ek in die varkie oond gebak en dit was ‘n mossel en brood fees veral as daai vars brood in daai lekker knoffelsous gedruk word.
Hmmmmmm”
- 2 eetlepels botter
- 1 ui, gekap
- 4 knoffelhuisies, gekap
- 2 rooirissies, ontpit en gekap (ons het 3 gebruik)
- 1 koppie witwyn
- 500 ml room
- 2 teelepels Aromat
- 1 kg mossels
- 1 suurlemoen se gerasperde skil
- sprietuie, gekap
Verhit botter in pan en braai ui, knoffelhuisies en rooirissies daarin vir 3 – 5 minute.
Voeg witwyn by en laat prut vir vyf minute.
Plaas room en Aromat by mengsel en laat stadig kook op lae hitte vir nog vyf minute.
Voeg mossels by en strooi suurlemoenskil bo-oor. Plaas ‘n deksel op en kook stadig vir 8 – 10 minute.
Haal mossels uit en plaas in ‘n bak en skep die sous oor die mossels.
Garneer met gekapte sprietuie.
Resep en foto: Gideon en Liezl Louw