SUURLEMOENTERT
“Was nou só lus vir ‘n suurlemoentert!”
- Tertvulsel:
- 1 blik kondensmelk
- ½ koppie suurlemoensap
- 2 eiers, geskei
- 2 eetlepels suiker
- Gebakte tertkors:
- 3 teelepels koekmeel (sien ook in metode vir vermeerdering)
- 2 eetlepels botter
- 1 eier
Gebakte tertkors:
Die bestanddele is vir baie dun kors, verdubbel, of meer, vir dikker kors – of na smaak.
Meng alles saam.
Voer tertpan met deegmengsel uit.
Bak tot gaar by 180ºC vir ongeveer 15 min hang af hoe dik die kors is.
Tertvulsel:
Meng suurlemoensap, kondensmelk en eiergele saam tot dik.
Skep in gebakte tertkors.
Klits eierwitte tot amper styf, voeg dan die suiker lepel vir lepel by terwyl jy heeltyd klits tot styf.
Skep oor die mengsel in die tertbak.
Bak in matige oond (180 °C) vir ongeveer 10 minute of tot meingue net mooi verkleur het.
Nota: Rina Kleinhans
Maak seker die toerusting wat jy gebruik om die eierwitte styf te klits is silwer skoon en vetvry anders sal jou witte nie styf klits nie.
Resep en foto: Lenie Van Heerden












