Your Recipe Blog

SUURLEMOENLEKKERS

SUURLEMOENLEKKERS

“Ek het hierdie lekkers gemaak. So lekker ek’t amper klaar alles opgeëet.”

  • 1 koppie vars suurlemoensap
  • 1 koppie suiker
  • ½ koppie stysel (of Maizena)
  • ½ koppie water
  • 1 eetlepel botter
  • 1 eetlepel suurlemoenskil, fyn gerasper
  • ½ teelepel sout
  • suiker om lekkers in te rol

Plaas die sap, suiker, stysel en water in ‘n mediumgrootte kastrol en meng koud sodat daar geen klonte is nie.
Verhit die mengsel op lae hitte tot dit dik is. Roer dit aanhoudend en voeg die botter, sout en skil by.
Bly die mengsel roer vir nog 15 tot 20 minute tot die mengsel elasties is.
Verwyder van die hitte en skep uit op ‘n ge-oliede stuk plastiek of pan.
Verseker dat dit min of meer oral ewe dik is en laat afkoel vir ‘n paar ure of oornag.
Sny dit met ‘n ge-oliede mes in kleinerige happie-groottes en rol dit dan in suiker.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page