SUURLEMOENKOELDRANK
Ek’t al vergeet van die reseppie… loop hom nou die dag weer raak… my ma het dit altyd vir ons gemaak.
- 5 koppies water
- 5 koppies suiker
- 4 teelepels wynsteensuur (Tartaric Acid)
- 10 druppels suurlemoen geursel
Voeg al die bestanddele bymekaar. Roer goed deur. Bottel en stoor in die yskas.
Note:
Dit is ‘n stroop, so verdun dit met water wanneer jy dit voorsit.
Lekker yskoud!!
Foto en resep: Heleen Albrecht












