Your Recipe Blog

SUURLEMOENBLOKKIES

Recipe by
| Servings: 24 blokkies

SUURLEMOENBLOKKIES

Voorverhit oond tot 160 ºC en voer ‘n 35 x 22 cm glasbak of pan uit met bakpapier.

  • Kors:
  • 230 g botter, gesmelt
  • 100 g suiker
  • 2 teelepels vanilla geursel
  • ½ teelepel sout
  • 265 g koekmeel

Meng die bestanddele vir die kors saam en druk vas in ‘n voorbereide pan / bak.
Bak vir 25 minute of tot dat die kors begin ligbruin word. Maak intussen die vulsel.
Haal uit die oond en steek gaatjies liggies met ‘n vurk in die kors, maar nie regdeur die kors nie.

  • Suurlemoenvulsel:
  • 400 g suiker
  • 46 g koekmeel (ongeveer ½ koppie)
  • 6 groot eiers
  • 1 koppie suurlemoensap
  • versiersuiker om bo-oor te sprinkel

Sif die meel en suiker saam, klits die eiers by en meng die suurlemoensap in. Meng goed.
Skep die vulsel op die warm kors.
Bak weer vir 25 minute of totdat die middel redelik gestol is.
Laat afkoel tot kamertemperatuur en plaas in die yskas vir nog twee ure.

Gebruik die kante van die bakpapier om die koek uit die bak te lig. Plaas op ‘n snybord.
Sny in blokkies en sprinkel versiersuiker oor voor bediening.
Bêre in lugdigte houer.

Resep en foto: Erica Cosijn

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page