SUURLEMOENBLATJANG
My eie resep geskaaf tot hy vir ons baie lekker is.
- 20 suurlemoene, in dun skywe gesny
- 3 eetlepels sout
- 4 uie, fyngesny
- 2 koppie rosyne
- 3 appels, geskil en grofgerasper
- 2 rooi rissies, fyngekap
- 3 knoffelhuisies, fyngekap
- 12 koppies witsuiker
- 5 koppies asyn
- 1 teelepel mosterdpoeier
- 1 teelepel koljander
- 1 teelepel gemmer
- 1 teelepel rooipeper
- 1 teelepel naeltjies
Sit gesnyde suurlemoene, in ‘n stainless steel pot om die beurt in lae met die uie en strooi sout oor elke laag.
Bedek met water en laat staan oornag. Moenie langer as 24 uur laat staan nie.
Dreineer die soutwater af en voeg so 750 ml water by, kook vir 10 minute tot die water minder is en suurlemoene sag.
Voeg res van bestanddele by en kook vir 1½ uur tot dit dik en blink is.
Skep in gesterliseerde bottels maar nie te vol nie anders beskadig die deksel.
Laat staan vir ten minste 2 maande voordat dit op hulle lekkerste is!
Resep en foto’s : Nicolene Crafford
Hoof foto: Ilze Jacobs en nota:
Ek het vandag Nicoline Crafford se suurlemoen blatjang gemaak (dit koel nou buite af), en dit smaak nou al ongelooflik lekker. Ek het net die rosyne uitgelos en 1 teelepel allspice bygevoeg. Die resep sê dat dit die beste smaak na twee maande, maar dink nie ons gaan so lank kan wag nie!
Is die blatjang nie baie bitter nie.
Hi Jemima
Nee die bitter sit in die wit van die skil, sny soveel van dit weg as moontlik en haal soveel moontlik van die vliesies tussen die skywe uit dan is dit nie bitter nie.
geniet