SUURLEMOEN SKUIMTERT – LEMON MERINGUE
Resep en foto: Amanda Austen
- 1 en 1½ pakkie Marie of Tennisbeskuitjies
- 150 g gesmelte margarien
- 2 blikkies kondensmelk
- 250 ml suurlemoensap
- 4 eiers, geskei
- 100 ml strooisuiker
- Bespuit ‘n ronde oondbak met kleefwerende kossproei.
- Maak die beskuitjies fyn en meng met die gesmelte margarien.
- Druk die kors in die voorbereide tertbak vas. Hou eenkant.
- Klits die kondensmelk, suurlemoensap en eiergele saam.
- Giet die beslag in die tertkors.
- Klits die eierwitte styf.
- Voeg die strooisuiker bietjies vir bietjies by die eierwitte terwyl jy heeltyd klits.
- Skep die eierwitte bo-op die tert of spuit met ‘n spuitsak bo-op soos op die foto.
- Bak teen 160°C vir 20 – 25 min lank, of tot eierwitte mooi bruin is.
Category:













