SUURLEMOEN LEMOENSTROOP IN DIE MIKROGOLF
- 500 ml vars lemoensap
- 500 ml vars suurlemoensap
- 1.5 kg suiker
Meng alles saam.
Sit in mikrogolf vir 5 min op hoog.
Haal uit en roer tot suiker opgelos het.
Laat afkoel.
Bere in die yskas en bedien yskoud as ‘n heerlike drankie.
- Vir aanmaak meng:
- ¼ koppie stroop en ¾ koppie koue water.
Foto en resep: Ryno En Zelda Herridge