Your Recipe Blog

SUURLEMOEN KONDENSMELK VLATERT

Avatar photo
Recipe by
| Servings:  8 – 10 porsie

SUURLEMOEN KONDENSMELK VLATERT

  • ½ koppie vlapoeier
  • 100 ml suiker
  • 4 koppies melk
  • 2 blikkies kondensmelk
  • 200 ml suurlemoensap
  • 1½ pakkie Tennisbeskuitjies, fyn gedruk
  • ½ koppie room
  • 100 g strooisuiker
  • 1 teelepel vanilla geursel

Maak ‘n gladde pasta aan met 1 koppie melk en die vla poeier.
Kook die melk en voeg die gladde pasta mengsel by die kokende melk en 100 g suiker.
Hou aan roer met draad klitser om klonte te voorkom totdat dit verdik het en jy geen melerigheid proe.
Mikrogolf oond kan ook ingespan word, maar roer gereeld elke minuut tot verdik.
Terwyl die vla afkoel meng die kondensmelk met die suurlemoensap en roer goed deur om dik te word.
Plaas ‘n laag krummels in die tertbak en skep ‘n laag vla oor en smeer gelyk.
Plaas in vrieskas sodat ‘n velletjie vorm, doen dit tussen elke laag.
As die vla te warm is, gaan die kondensmelkmengsel smelt op die warm vla en dan gaan die lagies in een smelt.
Smeer weer ‘n laag kondensmelk.
Jy kan besluit of jy dit in baie lagies wil maak waar die koekies die lae definieer of jy kan net een tert met 2 lae maak.
So ‘n lagie koekies, vla en kondensmelkmengsel is die volgorde van werk, lekker speel!
Klits die room met die strooisuiker tot styf en geur met vanilla geursel.
Smeer bo op die tert en sprinkel neute, krummels of enige iets na smaak, bo-oor.

Resep en foto: Lelane vd Walt

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page