SUURLEMOEN KOELDRANK
Lewer ongeveer 2.5 liter stroop.
- 12 – 14 suurlemoene
- 1.5 liter kookwater
- 15 ml wynsteensuur
- 2.5 kg witsuiker
- 15 ml sitroensuur
- 5 ml Engelse sout
Rasper die skil van die suurlemoen af, nie die wit nie.
Druk die sap van suurlemoene uit.
Voeg alles saam en laat oornag staan.
Gooi deur ‘n sif die volgende dag en bottel.
Meng na smaak met koue water.
Regtig baie lekker!!
Resep: Anna-Marie Kotze
Foto: Jeannette Havenga












