Your Recipe Blog

SUURLEMOEN EN PISTACHIO KOLWYNTJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 - 40 minute | Servings: 12

SUURLEMOEN EN PISTACHIO KOLWYNTJIES

Hierdie resep kan ook as ‘n broodjie gebak word, baie lekker stropie wat mens oor sit en dit gee hom so effense soet -suur smakie wat ons baie geniet het.

  • Beslag:
  • 2 koppies koekmeel
  • 1 koppie pistachio neute, fyn gekap
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 1 teelepel sout
  • 1 koppie bruinsuiker
  • 1 koppie volroom melk
  • 1 eetlepel suurlemoensap
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • ½ koppie sonneblomolie
  • 3 eiers
  • 1 eetlepel gerasperde suurlemoenskil (zest)
  • Stroop:
  • ¾ koppie bruinsuiker
  • 1/3 koppie suurlemoensap
  • ¼ koppie water

Voor verhit die oond tot 160 ºC met die waaier aan. Berei ‘n 12 gaatjie kolwyntjie pan voor, ek het papierkoppies gebruik in elke gaatjie, maar jy kan dit net goed spuit met nie-kleefwerende middel.
Meng al droë bestanddele saam in ‘n mengbak en plaas eenkant.
Meng die melk en suurlemoensap saam in ‘n maatbeker, en voeg die olie, eiers en vanilla by. Meng goed.
Meng die nat bestanddele by die droë bestanddele, meng deur en voeg die zest by. Meng tot die deeg net deurgemeng is en skep in die gaatjies van die voorbereide pan.
Sit ‘n klein bakkie water in die oond, en bak die kolwyntjies vir ongeveer 30 – 40 min, of tot die toetspen skoon uitkom. Hulle bak nie baie bruin bo-op nie so moenie langer bak as wat nodig is nie.

Terwyl die kolwyntjies bak, plaas die stroop bestanddele in ‘n klein potjie en kook dit vir ongeveer 5 min terwyl jy heeltyd roer en tot die suiker opgelos is. Sit eenkant dat die stroop afkoel.
Wanneer die kolwyntjies gaar toets, haal dit uit die oond en laat staan 5 minute in die pan, maak elke een los in die pan en skep van die stroop oor elke een. Indien jy die papiertjies gebruik het, haal die kolwyntjies uit die papietjies, sit hulle terug in die pan en skep dan die stroop oor. Laat staan tot al die stroop geabsobeer is. Haal uit die pan en laat heeltemal afkoel op ‘n rakkie.
Bedien net so, of versier soos verkies.

Resep aangepas en foto: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page