Your Recipe Blog

SUURLEMOEN BISCOTTI

SUURLEMOEN BISCOTTI

My hele kombuis ruik na 🍋🍋🍋🍋!!!! En dit ruik lekker.
Ek het op die resepteblad gesoek en toe op Biscotti a la Lorraine besluit maar ek het dit net as basis gebruik en dit as volg verander:

  • 125 ml strooisuiker
  • 75 g botter
  • fyn gerasperde skil van 1 groot suurlemoen en sap van die helfte van die suurlemoen
  • 2 groot eiers
  • 500 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 2,5 ml sout

Room botter en strooisuiker en gooi suurlemoensap en gerasperde skil by en meng. Voeg eiers een vir een by en meng goed na elke byvoeging. Sif meel, sout en bakpoeier saam en voeg by botter/suiker mengsel en meng tot al die meel ingewerk is.
Deel deeg in twee en rol elke stuk op meelbestrooide oppervlak tot ‘n lang rolletjie. Sit in ‘n gesmeerde oondpan of bakplaat en bak teen 180°C vir 20 min. Haal uit oond en laat vir so 20 min afkoel. Sny met skerp mes (ek vind my Victorinox tamatie mes met die klein riffeltjies op die lem werk baie goed vir dit, nie ‘n gladde lem mes nie) in skyfies en pak plat op bakplaat en bak weer vir 15 min, draai stukkies om en bak nog 15 min. Laat in oond afkoel met deur effens oop.

Foto en resep: Elsabie Templeton

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page