Your Recipe Blog

SUS SE PIESANGMUFFINS

Recipe by
Cook: 20 minute

SUS SE PIESANG MUFFINS

Dis eintlik my sus wat ‘n baasbakster is, se resep. Dis werklik donssag en heerlik. Ek meng soms in beslag so 2 eetlepels marmalade konfyt en sommer so groot skep of 2 grondboontjiebotter by.

  • 2 koppies koekmeel
  • 1 teelepel koeksoda
  • 2 teelepels bakpoeier
  • ½ koppie suiker
  • ½ koppie melk
  • 2 eiers
  • knippie neutmuskaat
  • 2 teelepels kaneel
  • 1 teelepel sout
  • ½ koppie olie
  • 6 – 8 piesangs, fyngedruk

Sif die droë bestanddele saam.
Klits eiers en suiker saam.
Meng melk en olie saam.
Voeg die droë en nat bestanddele om die beurt by die eiermengsel.
Voeg die piesangs by, meng alles liggies saam en skep in gesmeerde kolwyntjie pannetjie.
Bak vir 20 minute by 180°C.

Resep: Annetjie Steyn
Foto: Louise Hollenbach

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page