SUPER KRAKERIGE SLAAI
Hoeveelhede na jou keuse. Laat uit waarvan jy nie het nie.
Hierdie is die basiese resep, voeg enige van die ekstra’s by indien verkies.
- 1 blomkool, in klein blommetjies gebreek – rou
- 3 koppies broccoli, in blommetjies gebreek – rou
- 2 koppies Cheddar kaas, in blokkies gesny of om die helfte met Gouda kaas
- 250 g kersie tamaties, gehalveer
- ⅓ koppie rooi uie, fyn repies gesny
- 1 koppie mayonnaise
- geursout
- Ekstra’s:
- appel met skil aan, in blokkies gesny
- pynappelblokkies
- avokado, in blokkies
- seldery, gekap
- gekapte neute
Spoel die blomkool- en broccoli blommetjies goed af onder koue water en maak goed droog.
Meng al die bestanddele saam in ‘n mooi slaaibak en bedien.
Resep en foto: Rindi Goosen












