SUKSES SOETKOEKIES
- 6 koppies koekmeel
- 2 koppies suiker
- 4 teelepels bakpoeier
- 4 eiers
- 2 koppies sagte botter (unsalted botter werk die beste)
Meng botter en suiker saam tot romerig.
Voeg eiers by.
Voeg droë bestanddele by en klits tot stywe deeg.
Rol deeg uit op meel oppervlakte as jy vorms gaan gebruik en druk af.
Pak die koekies op ‘n gesmeerde bakplaat.
Bak in voor af verhitte oond by 180 ºC vir 10 – 12 minute.
Nota:
Hou baie goed vorm wanneer dit gebak word.
Lekker maklik en smelt in die mond heerlik.😁
Foto: Melanie Tolmay