SUIKERMIELIE BRAAIGEREG
Resep by Tannie Hanna “Blom” gekry… het gou gaan pietersielie pluk vir my tertjies….(ek kry dit om die dood nie aan die groei nie!)
- 1 blikkie suikermielies (sweetcorn)
- 2 eetlepel mieliemeel
- 1 teelepel bakpoeier
- 2 ml sout
- 250 ml melk
- 2 geklitste eiers
- 1 koppie gerasperde Cheddarkaas
- suiker, opsioneel (lees nota)
Meng alles saam, skep in kolwyntjiepanne, stip met margarien en bak 20 – 30 min of tot gestol by 190° C.
Sy’t dit bedien met ‘n mengelslaai en frikkadelle.
Resep geplaas deur: Wilma Josey Venter
Notas en Foto: Martha Coetzee
Nota:
Ek het dit probeer. Ek verkies mieliegereg bietjie soet. Ek het na 25 minute suiker oorgestrooi en stukkie botter op elke muffin gesit. Terug in oond vir nog so 5 minute. Smaak lekker, maar sou dit soet verkies het. (Verskoon asb hoe die pannetjie lyk, hy werk hard)