SUIKERLOSE MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK IN N ROOMYSBAK
- Vir die koek:
- 370 ml xylitol
- 500 ml koekmeel
- 125 ml kakao
- ‘n knippie sout
- 15 ml bakpoeier
- 4 ekstra groot eiers, geskei
- 124 ml sonneblomolie
- 5 ml vanielje geursel
- 250 ml warmwater
- Vir die versiering:
- 250 g roomkaas
- 2 groot piesangs
- 1 eetlepel heuning
Sif die meel, kakao, sout en bakpoeier saam in ‘n mengbak en voeg die zylitol by. Meng goed deurmekaar. Meng die eiergeel, olie en vanilla geursel en voeg die warmwater by. Voeg nou die meelmengsel bietjie vir bietjie by die vloeistofmengsel en meng baie deeglik tot ‘n redelike stywe beslag. Klits die eierwit styf en vou by die beslag in. Skep die beslag in ‘n roomysbak en bak vir 12 – 14 minute op 70% in die mikrogolf.
Vir die versiering:
Maak die piesangs fyn en meng dit deeglik saam met 1 eetlepel heuning met die roomkaas. Smeer oor die koek en gebruik as vulsel indien die koek gesny word vir ‘n laagkoek. Plaas die koek in die yskas sodat die mengsel kan stol.
Resep aanpassings en foto: Adam Cloete
All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.
Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.