STOOMPOTKOS
- olie of botter
- 1 ui, grof gekap
- 2 teelepels knoffel
- 2 eetlepels kerriepoeier
- 1 eetlepel fyn borrie
- 700 g opgesnyde skaapskenkels of ander kookvleis
- 1 blokkie ekstrak (waarvoor jy ook al lief is, ek het groente-ekstrak gebruik)
- 500 ml water
- 250 g gevriesde groente (weereens, gebruik waarvoor jy lief is, ek het ‘n pakkie met wortels, bounties en murgpampoentjies gebruik)
- ½ koppie rou rys
- 1 aartappel
- sout en peper na smaak
Alles gebeur in my elektriese stoompot.
Braai die uie in olie tot deurskynend en so bietjie verbruin.
Voeg die knoffel by en braai vir nog so 30 sekondes.
Meng die kerrie en borrie by die uie en knoffel en braai vir ‘n verdere 30 sekondes.
Plaas die skenkels, groente-ekstrak en water in die stoompot, plaas die deksel op en stoom vir 40 minute.
Laat die stoom ontsnap en proe. Voeg sout en peper by.
Plaas die groente, aartappel en rou rys ook in die pot.
Onthou die aartappel en rys gaan ten minste nog so ‘n halwe teelepel sout nodig hê.
Stoom weer vir ‘n verdere 25 minute. Laat weer die stoom ontsnap, maak die pot oop en proe aan alles.
As jy gelukkig is met die smaak en tekstuur van die vleis, rys en aartappels, is dit tyd om op te skep.
Anders kan jy dit nog so 10 minute stoomtyd gee.
Hierdie is genoeg vir vier mense, maar onthou, as mens dit wil vermeerder op die randrekker-manier, hoef mens nie noodwendig soveel meer vleis in te sit nie. Ekstra aartappel, rys en groente kan hierdie ‘n smaaklike maaltyd vir baie meer mense maak.
Resep en foto: Zita Harber