Your Recipe Blog

“STICKY” LAMSRIBBETJIE

“STICKY” LAMSRIBBETJIE

Was ribbetjie mooi skoon en sny in ribblets. Geur lekker met “meat tenderiser” en sout en bak in oond  by 180ºC tot ribbetjies gaar is en begin bruin word.

  • Sticky sous :
  • ¼ koppie tamatiesous
  • ¼ koppie blatjang
  • 2 eetlepels bruinsuiker
  • 1 eetlepel suurlemoensap

Los bruinsuiker op in ‘n ¼ koppie kookwater.
Voeg die res van bestanddele by en roer goed.
Verf ribbetjies aan albei kante en pak in ‘n oondskottel, bak tot lekker bruin.
Verf vir oulaas bietjie sous oor wanneer reeds uit oond gehaal is.

Resep en foto: Loraine Peyper Viljoen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5