STERKOEKIES
- 125 g sagte botter
- 120 ml strooisuiker
- 5 ml vanilla of karamel geursel
- 1 groot eier
- 560 ml koekmeel
- 50 ml Maizena
- 5 ml bakpoeier
- knippie sout
Room die botter en suiker tot lig, voeg die geursel en eier by en klits tot gemeng.
Sif die meel, Maizena, bakpoeier en knippie sout saam en voeg by die bottermengsel.
Meng goed deur.
Bedek die deeg met plastiek of ‘n deksel en laat rus in yskas vir 15 minute tot deeg ferm is.
Rol die deeg uit op ‘n liggies meelbestrooide oppervlak – ek het eers met gewone koekroller liggies gerol en toe met patroontjie een. Druk vorms uit met koekie drukker en plaas op ‘n vooraf bereide bakplaat.
Bak by 160ºC vir 8 – 10 minute.
Nota:
‘n Mens het nie altyd al die “fancy” koekrollers en drukkers nodig om patroontjies op koekies te maak nie. Ek het by foto 2 dikkerige kant geneem, “clingwrap” oor die deeg gesit, (rol gelyk met gewone koekroller) ‘n stuk kant opgesit en weer gerol!! Whalla en kyk!
Resep en foto: Riana Du Plessis