Your Recipe Blog

STEFAANS SE VINNIGE MAKLIKE POEDING

STEFAANS SE VINNIGE MAKLIKE POEDING

  • Meng die volgende saam en hou eenkant:
  • 2 koppies koekmeel
  • 1 teelepel sout
  • 2 teelepels bakpoeier
  • Meng die volgende saam en hou eenkant:
  • ½ koppie bruinsuiker
  • 1 eier
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 2 eetlepels olyfolie
  • Meng die volgende saam:
  • 1 koppie melk
  • 1 teelepel koeksoda
  • 1 eetlepel asyn

Meng die melkmengsel by die meelmengsel dit sal skuim.
Voeg nou ook die bruinsuiker en eiermengsel by en klits tot ‘n gladde deeg.
Skep in ‘n platboom swartpot en bak met matige kole onder en op die pot se deksel vir ± 1 uur.
Of skep in ‘n voorbereide oondbak en bak in die oond by 180ºC vir ongeveer 1 uur tot gaar.
Giet die volgende sous oor sodra dit uit die oond kom en gaar toets.

  • Sous:
  • 1 koppie melk
  • 1 koppie water
  • 1 koppie suiker
  • 4 eeetlepels botter
  • 4 eetlepels room
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • ½ teelepel sout
  • ½ koppie brandewyn

Kook alles stadig saam tot suiker opgelos is en hou by kookpunt tot poeding gaar is.
Giet dan al die warm sous oor die warm poeding en laat staan ‘n bietjie sodat sous kan opgesuig word deur die poeding.

Resep en foto:  Stefaans Blaauw
2de foto:  Gideon Louw – In die swartpotjie gemaak

2 Reviews

  1. Alta de Beer

    Iets is fout met resep. Baie stywe deeg. Te min melk?

    Star
    • Hallo Alta, Ek het die resep met Stefaans bevestig alles is reg, en Gideon het hom ook gemaak sonder probleme. Meel verskil en die grootte van die eier kan ook ‘n verskil maak. Jy is welkom om bietjie melk by te sit tot ‘n skepbare deeg, en onthou die sous wat agterna oor gesit word maak hom weer baie klam. Hoop dit help en dat jou poeding heerlik kom.
      Groete
      Rina

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page