STAMPMIELIES EN BONE IN DIE STOOMPOT
“Ek maak my stampmielies net in die stoompot. Met hierdie metode kom dit altyd heerlik uit.”
- stampmielies na smaak – verhouding is 3 koppies water tot 1 koppie mielies
- ekstra bone, tipe en hoeveelheid na smaak, opsioneel
- sout, vir geur
Week die stampmielies oornag in gewone water en was goed af. Plaas in ’n stoompot en plaas trippel hoeveelheid water by (een koppie stampmielies, drie koppies water) en geur met sout. Laat dit deurkook op een stoomsiklus.
Dreineer die mielies en spoel onder water af.
Plaas mielies terug in die stoompot en bedek weer met water (eerder te veel as te min).
Jy kan nou bone byvoeg.
Kook weer ‘n siklus lank en indien nog nie sag genoeg na jou smaak nie, herhaal.
Foto: Linda van Vuuren
Plasing: Paul Lessing