STAATMAKER-MAALVLEIS
Heerlik saam met pasta van jou keuse, of soos verkies.
- 125 g spekvleis
- olie, vir braai
- 1 ui, fyngekap
- 800 g maalvleis
- 1 blik (400 g) heel tamaties, fyn gekap
- 10 ml worcestershiresous
- 5 ml droë basieliekruid
- 5 ml droë roosmaryn
- 25 ml blatjang
- 250 ml vleisaftreksel
- 30 ml suiker
- sout en vars gemaalde swartpeper, na smaak
- 10 ml mielieblom (Maizena)
- 10 ml bistopoeier
- 25 ml koue water
Braai die spekvleis tot gaar. Kap die spek fyn en hou eenkant.
Giet ‘n bietjie olie in ‘n pan en soteer die ui daarin totdat dit sag en deurskynend is.
Voeg die maalvleis by en braai totdat die vleis gaar is.
Voeg die spekvleis, tamaties, worcestershiresous, kruie, blatjang, suiker en aftreksel by.
Verlaag die hitte en laat die mengsel prut vir ongeveer 20 minute totdat die geure lekker getrou het.
Geur met sout en peper na smaak.
Meng die mielieblom, bisto en water tot ‘n gladde pasta.
Meng dit by die vleismengsel in en laat dit prut tot die mengsel effens verdik.
Dien op saam met pasta van jou keuse.
Resep en fotos: Amanda Austen